Google-alles
wat werk vir jou
Meld by jou Google-rekening aan en benut al die Google-dienste wat jy gebruik ten beste. Jou rekening help jou om meer te doen deur jou Google-ervaring te personaliseer en van enige plek af maklik toegang tot jou belangrikste inligting te bied.
Help jou
Wanneer jy aangemeld is, werk al die Google-dienste wat jy gebruik glad saam om hulp met alledaagse take te bied, soos om jou Gmail met jou Google Kalender en Google Maps te sinkroniseer om te verseker dat jy altyd op hoogte is van jou skedule.
Vir jou gebou
Dit maak nie saak watter toestel of Google-diens jy gebruik nie, jou rekening gee vir jou 'n konsekwente ervaring wat jy enige tyd kan pasmaak en bestuur.
Beskerm jou
Jou Google-rekening word beskerm deur die voorste sekuriteit in die bedryf, wat outomaties help om bedreigings te bespeur en te blokkeer nog voordat hulle jou bereik.
Gereed om te help
Jou Google-rekening help jou om tyd te bespaar deur die inligting wat jy in jou rekening gestoor het, te gebruik om wagwoorde, adresse en betalingbesonderhede outomaties in te vul.
Wanneer jy by jou Google-rekening aanmeld, werk al die Google-dienste wat jy gebruik saam om jou te help om meer gedoen te kry. Byvoorbeeld, vlugbevestigings in jou Gmail-inkassie sal outomaties met jou Google Kalender en Google Maps sinkroniseer om jou te help om betyds by die lughawe te kom.
Met ’n enkele aanmelding kan jy ’n moeitelose ervaring oral op Google hê – van hervatting van jou YouTube-video’s op alle toestelle, tot geredelike beskikbaarheid van jou kontakte en gunsteling- Play Winkel-apps. Jou Google-rekening maak dit ook maklik vir jou om vinnig en veilig by derdepartyapps aan te meld sodat jou voorkeure jou selfs buite Google vergesel.
Net vir jou
Jy is nooit meer as een tik weg van al jou data en instellings nie. Tik bloot op jou profielprent en volg die skakel na “Bestuur jou Google-rekening”. Jy kan ook maklik van jou profielfoto af aanmeld, afmeld of Incognitomodus aanskakel.
Wanneer dit kom by privaatheid, besef ons ons kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie. Dit is hoekom elke Google-rekening kom met kontroles wat maklik is om te gebruik en nutsgoed soos Privaatheidskontrole sodat jy die privaatheidinstellings kan kies wat reg is vir jou. Jy kan ook beheer watter data in jou rekening gestoor word met maklike aan/af-kontroles, en jy kan selfs jou data volgens datum, produk en onderwerp uitvee.
Jou Google-rekening gee vir jou 'n veilige, sentrale plek om jou persoonlike inligting – soos kredietkaarte, wagwoorde en kontakte – te berg sodat dit altyd op die internet vir jou beskikbaar is wanneer jy dit nodig het.
Hou jou inligting privaat en veilig
Jou Google rekening beskerm jou persoonlike inligting outomaties en hou dit veilig en privaat. Elke rekening kom met kragtige kenmerke soos strooiposfilters wat 99,9% van alle gevaarlike e-posse blokkeer nog voordat hulle jou bereik, en gepersonaliseerde sekuriteitskennisgewings wat jou oor verdagte aktiwiteit en kwaadwillige webwerwe waarsku.
Hierdie eenvoudige nutsding gee vir jou gepersonaliseerde aanbevelings om jou rekening veilig te help hou.
Jou Google-rekening kom met 'n ingeboude wagwoordbestuurder wat jou wagwoorde veilig op 'n sentrale plek stoor waar net jy kan ingaan.